Sunande Ek en Liné is ons ouers se enigste twee kinders, die twee dogters. Van kleins af het ons altyd baklei, oor die domste goedjies, ons het permanent vas gesit. Ek het altyd gedink Liné is vreeslik hardkoppig en sy was nooit bang vir niks. Omdat sy die jonger een is, moes sy altyd haar man staan en haar sê, sê. Dit het my vreeslik irriteer en ek het niks daarvan (en van haar) gehou nie!
Vandag, kan ek terug kyk na daai tye en net hardop lag! Ek lag eintlik vir myself want daardie dinge wat ek gehaat het is vandag my gunsteling einskappe van haar. Sy is 'n ongelooflike sterk vrou en is nogsteeds bang vir niks. Haar selfvertroue en selfstandigheid is wat haar so spesiaal maak, nie net as 'n mens nie maar ook as 'n onderwyseres en een van die dae as Vince se vrou. Ek is ongelooflik trots op haar en trots op wie sy vandag is! (En miskien nogsteeds so klein bietjie jaloers) Ek kan nie aan 'n beter man vir haar as Vincent dink nie. Hulle vul mekaar ongelooflik goed aan en pas perfek by mekaar. Ek het van die begin af van Vincent gehou en tot vandag toe kom ons vreeslik goed oor die weg. Ons is bevoorreg dat hy so goed in ons familie in pas en dit is baie lekker dat hy en my man, Stephen, sulke goeie vriende is. Ek glo dat dit die rede is hoekom ek en Liné vandag so goeie verhouding het en ek sal altyd dankbaar wees vir Vince oor dit. Ek wens hulle alle geluk in die wêreld en dat hulle vir altyd mekaar se beste vriende sal bly! |
DaneelEk sal nooit die dag vergeet toe ons ontmoet het nie. Dit was ‘n atletiek byeenkoms by die skool en jy het ‘n Hawaiian hemp wat bedek was met palm-takke aan gehad wat so 4 keer te groot was vir jou! Hands down een van die lelikste hemde wat ek al gesien het. Dit het laat geraak en my ma wou ry, toe jy aanbied dat jou pa my sal aflaai sodat ons verder kon balskop. Ek sal ook nooit jou pa se wit 320 BMW vergeet nie, dit was my eerste keer in ‘n BMW, so dit was pretty special! En op daai dag het die Here ons bymekaar gebring en so het ons journey saam begin.
Saam was ons deur Laerskool en so ook Hoërskool beste pelle, ons was saam deur dik en dun. Goeie tye en ook slegte tye, maar het mekaar altyd ondersteun al het ons soms die domste idees gekry soos om tande pasta op brood te sit om nie skool toe te gaan nie. Op die ou end was altwee van ons siek en na die blinde sambok, ook skool toe. Ek wil vandag net dankie sê vir alles wat jy vir my beteken en wat jy alles vir my al gedoen het. Woorde kan dit nie beskryf nie en die brief doen dit geen justice nie my vriend. Ek dank die Here dat hy ons op mekaar se paaie gebring het en dat hy so mooi na ons kyk. Baie geluk met jou en Liné se spesiale dag eks bly jy het een gekry wat al jou stront sal opvreet. Julle is ‘n baie spesiale paar, baie na aan my hart en ek wens net die beste vir julle toe. |
MyraEk is seker een van die mees bevoorregte mense om jou al my hele lewe lank te ken. Nie net as my niggie nie, maar ook as my hartsvriendin. Ons het van kleins af alles saam gedoen. Barbie en pop gespeel, in die kleuterskool saamgespeel en ook elke dag mekaar op die hoek gekry in die straat. In die Laerskool het ons soveel memories gemaak en lekker “tricks” getrek op die mense rondom ons.
Op Hoërskool het ons band net sterker geword. Ek kon alles met jou deel en ons het baie saam deurgemaak. Dit is nou al 24 jaar wat jy deel van my lewe is en ek is dankbaar vir elke kosbare oomblik saam met jou. Dankie, vir die wonderlike en sprankelende mens wat jy is. As ek my familie kon kies, sal ek jou verseker weer kies. |
RoelfEk ken nou al vir Vince 12 jaar lank en elke oomblik was nog net vreugde saam met hom. Ek het Vince ontmoet toe ons teen mekaar rugby gespeel het vir ons twee Laerskole (my span het vêr gewen) maar, dit is nie waar ons goeie vriende geraak het nie. Dit was eers in graad 9 toe ons in dieselfde klas ingedeel was op Hoërskool.
Ons was van daai jaar af saam plaas toe, saam see toe, saam gekuier en gelag, tot vandag toe en die volgende 50 jaar. |
LeandrieEk was in die bevoorregte posisie om my praktiese onderwys by Laerskool Hennopspark te kon aflê. Op die 11 September 2015 verjaar Liné en ons almal moet vir haar sing in die personeelkamer. Daardie aand gaan ek en my man (destyds my verloofde) en gaan eet by Mozambique’s in Pretoria-Oos. Uit die hoek van my oog sien ek Liné en vriende ook daar besig om haar verjaarsdag te vier. Op my senuwees vertel ek vir Heine wie sy is en vra hom dink hy ek moet vir haar 'n shooter koop! Natuurlik sê hy en ons stuur 'n verjaarsdag shooter vir haar.
Die jaar gaan verby en ek kry 'n pos by Hennopspark. Soos dit die Here se wil was, is my klas reg langs Liné sin. Heel ordentlik groet ons mekaar elke dag, maar is maar heel skaam rondom mekaar, tot die Maandag wat ek en sy saam terreindiens moet doen. In die eerste pouse vrae ons uit oor mekaar en kom agter dat ons BAAAAAAAIE in gemeen het, feitlik dieselfde persoon. Gou-gou besluit ons dat ons, ons beter helftes aan mekaar gaan voorstel by die einste Mozambique’s. Die dag breek aan en die manne moet mekaar ontmoet, albei op hulle senuwees! Nutteloos om te sê dat ons later vir die manne moes sê dat dit tyd is om te ry! Van daar af het ons 'n ware vriendskap in Vincent en Liné gewortel. Tot vandag toe is ons beste este vriende, asof ons mekaar al vir jare ken! Liné, jy’s my sussie wat ek kon kies. My verhouding met jou is nie oppervlakkig en gemeen nie, maar is 'n diep-diep vriendskap en verhouding wat ek vir jare wat nog moet kom gaan koester. Jy ken my beter as enige iemand op aarde en ek weet ek hoef nie eers te sê as iets fout is nie, jy tel dit dadelik op! Jy is my beste este este vriendin en ek sal jou vir niks of niemand op aarde verruil nie. Ek is so dankbaar vir jou en ek weet Liewe Jesus het jou nie verniet op my lewenspad gesit nie. Dankie dat ek hierdie amazing paadjie saam jou mag stap en jou troudag saam met jou spesiaal maak. Dankie vir jou oneindige sussie liefde. Ek waardeer jou en is baie lief vir my mooiste mooi blonde vriendin! |
KyleEk en Vincent het 12 jaar terug ontmoet toe ons as twee bang seuns ons avontuur op Affies begin het (wel ek was bang vir my nuwe skool). Ek en Vince het werklik eers begin pelle raak in 2008, toe ek na ‘n groot geveg met my ouers om nuwe (en aansienlik makliker) vakke te neem. Ek kry toe vir Vince in drie van my vakke. In die laaste klas vir die dag genaamd houtwerk, was ons deur Meneer Coetzee verplig om langs mekaar te sit. Toe die klok lui vir skool vra ek vir Vince of hy sy huiswerk gaan doen waarmee hy my antwoord, “ Nee bra dit is een van my chill vakke”. Die volgende dag toe ek in die kunsklas instap sit Vince reeds by ‘n bank met ‘n plek oop langs hom, hy sê toe vir my: “Grootseun, het jy jou huiswerk gedoen?” Ek sê toe ja, hoekom? Hy sê weer “as ek jou huiswerk kan afskryf gee ek jou een van my toebroodjies”. Dit was moeilik vir my om nee te sê vir die broodjie en ek sê toe, “ kan ek maar langs jou sit?” Van daai dag af het ek en Vince werklik begin pelle raak en nodeloos om te sê, het daar van toe af menigte male ‘n omkopery plaasgevind.
Ons vriendskap is deesdae meer as ‘n broederskap, en ek beskou myself as die grootboetie en Vince my kleinbroer wat ek nooit gehad het nie. Ek is baie baie lief vir Vincent en Liné, dit maak my trots om as een van hulle beste pelle beskou te word. Dankie vir die spesiale mense wat julle twee is en ons is saam met julle opgewonde vir wat die toekoms vir julle gaan inhou. |
UrsulaToe ons ontmoet was ons maar net klein, jong graad 2 dogtertjies en kyk waar is ons vandag. Ons was onafskeidbaar van Laerskool dae af. Met daaglikse oproepe, weeklikse oorslape en tweeling uitrustings het ons onvergeetlike herinneringe saam gemaak. N mede-leerling op laerskool het ons gevra of ons vriendskap ooit sal eindig en ek het geantwoord dat ons vriendinne sal bly tot die dood ons skei.
Ons is hartsvriendinne wat mekaar se liefde en ondersteuning kan geniet. Sielkundiges se as n vriendskap langer as sewe jaar duur, sal dit n lewenslange vriendskap wees. Jy is n steunpilaar, stel ander bo jouself en bring altyd n glimlag op my gesig. Elke oomblik saam jou is n fees. Ek is ongelooflik gelukkig om een van jou strooimeisies op jou groot gelukkige dag te kan wees. Ek sien uit na al die onverrgeetlike tye wat voorle. |
DeanWaar om te begin, mens kan nie familie kies nie. Maar om Vincent as ‘n neef te hê is beslis die beste. Ons het altyd die beste tye saam, van kleins af waar hy my baie geleer het en my ook baie in die moeilikheid gekry het.
Sonder hom sou my kinderjare nie dieselfde gewees het nie, Vincent is meer as net my neef, hy is een van my beste vriende. |
SonikaLiné was die eerste meisie wat Vincent ooit saam gevat het op ‘n vakansie, dis hoe ek haar ontmoet het. Vince het haar saam Sun City toe gebring met ‘n familie vakansie. Nou kyk sy was letterlik die eerste meisie wat Vince eintlik voorgestel het aan ons. Sy was redelik intimiderend met hoe mooi sy was maar, met die mooi het ‘n vreeslik vriendelike persoonlikheid gekom wat verseker het dat mens dadelik gemaklik om haar voel en ons het vinnig baie goed oor die weg gekom.
Na die eerste vakansie wat Liné saam was, het baie daarna gevolg en elke een was lekkerder as die ander. Ek onthou nog hoe opgewonde ons ‘n week voor die tyd geraak het as ons uitvind ons gaan weer see toe. Kersfees was net so lekker, want nou was iemand net so opgewonde oor die presente soos ek. Vince het gewoonlik nie omgegee nie. Ons het nog een vakansie pakkie vir pakkie skelm kamer toe gevat, oop gemaak gekyk wat ons gaan kry en dan weer geseël en skelm weer onder die boom gebêre tot ons weet wat al ons presente was, en op Kersdag was ons so opgewonde ons hoef nie eers te maak of ons opgewonde is nie, ons was. Ons het saam gelag, gegiggel en geskinder en meeste van tyd het ons Vince mal gemaak. Tye saam met Liné is verseker pret. Sy is ‘n pragtige mens. Liné was die groot sussie wat ek nooit gehad het nie, sy het my baie goed geleer waarvoor ek bitter dankbaar is. Sy het my al die geheime van die meisie lewe vertel en ek was bitter dankbaar vir haar in my lewe, maar nie net myne, my broer sin ook. Vir eens was daar ‘n meisie wat Vincent kon hanteer. Sy het vinnig deel geword van die familie en vinnig in ons harte geklim. Sy is altyd daar as ek haar nodig het, en sy weet presies wat om te sê. Sy het ‘n baie groot rol gespeel in my lewe en ek is baie gelukkig om uiteindelik werklik te kan sê sy is my sussie. Sy is die beste vrou waarvoor ek ooit sou kon vra vir my boetie. |
JohanEk het jou kieriebeentjies vir die eerste keer ontmoet by Affies met 'n 500ml Coke in die hand. Oor die jare het ons goeie vriende geraak, veral toe jy begin kuier het by Liné en gereeld in die Noord 'n draai gemaak. Met tye moes ons jou ook reghelp deur vir jou te sê jou highlights lyk nie goed nie. Vince dankie vir al die lekker tye saam soos om 12h00 die aand see toe te ry saam die meisies, tot plaas toe vir jag en visvang elke nou en dan. Jy is 'n baie goeie vriend en wys dit nog altyd deur omgee. Ek wens vir jou 'n baie gelukkige toekoms.
|